GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SKOOL: ATKV-Oorkondes aan onderwysers wie die vak Afrikaans al baie lank onderrig

Verskeie onderwysers is onlangs tydens ’n funksie by die Voortrekkermonument vereer vir hul jarelange onderrig van Afrikaans.

Verskeie onderwysers is onlangs tydens ’n funksie by die Voortrekkermonument vereer vir hul jarelange onderrig van Afrikaans.

Mnr. Anver Mohamed van die Pretoria Muslim Trust Sunni School in Laudium onderrig die vak Afrikaans al vir 47 jaar met ’n passie vir die taal.

Sy skoolhoof mnr. Nazir Ahmed Dawood bied die vak al 43 jaar aan.

Dr. Wessel van Tonder het einde verlede jaar by Hoërskool Menlopark afgetree nadat hy die vak gedurende sy onderwysloopbaan vir 45 jaar aangebied het.

Mev. Annelene Malan van Wierdapark Independent School onderrig Afrikaans ook al vir 45 jaar.

Die onderwysers het ook gelukwense van Prof. Keuris, die departementshoof van Afrikaans by Unisa, en dr. Mimi Coertse ontvang.

Huidige toppresteerders by verskeie hoër- en laerskole het met hul ATKV PPS Prestige Prestasie Skouerbande “Mnr. en Mej. Afrikaans” opgedaag om hul skool se gelukwense oor te dra.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button