GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SKOOL: Nuwe Junior Stadsraad aangewys by Afrikaans Meisies Hoërskool vir 2018

Die inhuldigingsverrigtinge is presies soos by ’n volwaardige munisipale raadsinhuldiging – met toesprake en eedverklarings.

Die Junior Stadsraad van Pretoria het Donderdag 17 Mei hul nuwe stadsraad vir 2018/2019 ingehuldig.

Wat die inhuldiging uniek maak is dat Afrikaanse Hoër Meisieskool reeds vyf keer ’n Junior Burgemeester gelewer het.

Die eerste inhuldiging van die junior raad was 40 jaar gelede.

“Die Junior Stadsraad is destyds begin met die doel om skole te laat saamwerk aan projekte wat die jeug in ons gemeenskap raak,” sê die uittredende burgemeester, Leah Warmenhoven.

Die doel van die program is om leierskap onder jongmense te bevorder deur hulle te leer om verantwoordelikheid te neem.

Die Junior Stadsraad word deur die junior Stadsraadslede geadministreer en verkiesings word gemonitor deur die Stadsraad.

Die inhuldigingsverrigtinge is presies soos by ’n volwaardige munisipale raadsinhuldiging – met toesprake en eedverklarings.

Warmenhoven het haar opvolger Caro Laubscher en die raad van 2018/2019 voorspoed toegewens en bemoedig.

Laubscher beloof om ’n groot verskil te maak aan die raadslede en die gemeenskap.

Haar tema vir die termyn is “Rise and Shine” of “Staan op en skyn”!

“Die nuutverkose stadsraad wil graag hul tyd gee deur self aktief betrokke te raak by die gemeenskap,” sê sy.

“Op so ’n manier verander jou perspektief van hoe die mense in jou gemeenskap leef!”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button