SKOOL: Menlo-koor is waarlik iets om te hoor!

Hulle is albei kategorië aangewys as kategoriewenners van die Pretoria Eisteddfod.

Die Hoërskool Menlopark se koor is hierdie week weer aangewys as die beste gemengde koor by die Pretoria Eisteddfod.

Dit is die 20ste keer wat die Menlo-koor die Fred Morris-trofee ontvang. Die koorleier, Jeanmari van Papendorp is reeds 22 jaar betrokke by die koor en het hulle weer hierdie jaar gelei na twee A++ toekennings in beide afdelings waarin die koor deelgeneem het.

Hulle is albei kategorië aangewys as kategoriewenners van die Pretoria Eisteddfod. Wat die koor se optrede so besonders maak, is die diverse programkeuse en die uitsonderlike vitaliteit van hulle sang.

Die feit dat elke koorlid dit geniet is ooglopend en hul energie is aansteeklik. Die Menlo-koor berei tans voor vir die twee kategorieë (Mixed Youth Choirs en Gospel) waarvoor hulle ingeskryf het in die World Choir Games, wat in die Julievakansie in Pretoria sal plaasvind.

Me. Marlize Koch (begeleidster) en Me. Jeanmari van Papendorp (Koorleier) met die Fred Morris-trofee. Foto: Verskaf

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version