SKOOL: Laerskool Pretoria-Oos vier 90e bestaansjaar

Ons was ook verras deur die bywoning van sommige oud-Osies wat soveel as 60 jaar gelede ook op die einste skoolbanke gesit het.

Laerskool Pretoria-Oos het op 19 Mei 2018 hul 90e bestaansjaar op gepaste wyse gevier.

Die Osiefees is op die skoolgronde aangebied en is gekenmerk deur die ware Osie pret en plesier.

Ons was ook verras deur die bywoning van sommige oud-Osies wat soveel as 60 jaar gelede ook op die einste skoolbanke gesit het!

Daar was speelparke vir die kinders, ’n veiling is gehou en ons trompoppies het gesorg vir vermaak.

Die Marimba-orkes, koor en ons eie Osie Idol-finaliste het ook opgetree.

Daarna is die vermaak verskaf deur Bouwer Bosch en elkeen, jonk en oud, het behoorlik aan sy lippe gehang.

Tussendeur het almal gesmul aan ’n spitbraai met lam en hoender.

Die aand was voorwaar ’n reuse sukses en die uitbundigheid van die kinders en die ouers se lekker saamkuier was ’n teken van die genot wat nog lank in die harte van alle Osies en oud-Osies vasgevang sal wees.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version