SKOOL: Laerskool Anton van Wouw se Juniorkoor blink weer uit!

Altesaam 18 skole in Gauteng het aan die kompetisie deelgeneem.

Die Wouwtjie Juniorkoor het Saterdag 12 Mei, weereens bewys dat hulle ’n formidabele koor is om mee rekening te hou.

Hulle is vir die tweede agtereenvolgende jaar as wenners van die ATKV se Applous-koorkompetisie aangewys.

Altesaam 18 skole in Gauteng het aan die kompetisie deelgeneem.

Die prestasie is soveel te meer prysenswaardig as in aanmerking geneem word dat meer as ’n kwart van die koor bestaan uit nuwe lede, die meeste van hulle graad eentjies, wat maar sedert die begin van die jaar in ’n koor sing.

Kommentaar van die beoordelaars was onder andere dat dit by tye klink asof dit ’n seniorkoor is wat sing, dat die ritme van Asblik Affêre aansteeklik is, en dat die begeleiding deurgaans pragtig en gepas was.

Die lof vir hierdie prestasie kom hoofsaaklik die uiters bekwame dirigent, dr. Riekie van Aswegen, toe. Sy het die Asblik Affêre gekomponeer en ook die Afrika-liedere verwerk. Ons begeleier, me. Betsie Schaap, is ook uit die boonste rakke.

Links na regs: Begeleidster: Me. Lezanti van Sittert, Koormeester Vaughan van Zyl, Juf. Liezel Botha en Juf. Johani Labuschagne. Foto: Verskaf

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version