SKOOL: Garsie wen kykNet se Solis vir Christus-kompetisie

Nadia stap weg met pryse ter waarde van R50 000.

Nadia van Deventer, ’n graad 11-leerder van Hoërskool Garsfontein, het op Sondag, 20 Mei deelgeneem aan die finaal van kykNet se Solis vir Christus-kompetisie wat opgeneem is as deel van die Uitblinkers-reeks en deur ABS-Produksies vervaardig word.

Na ’n strawwe semi-finaal en finaal is Nadia as die algehele wenner aangekondig en het Joané Kruger, ook ’n Garsie, ’n troosprys ontvang.

Nadia stap weg met pryse ter waarde van R50 000.

Hoërskool Garsfontein se meisieskoor is vir die tweede agtereenvolgende jaar as kategoriewenner tydens die Pretoria Eisteddfod aangewys.

Die koor behaal ’n A+ simbool, terwyl die skoolkoor hierdie jaar met ’n A-simbool spog.

Daar is 175 Garsies wat in een of beide van die skool se kore sing, wat hulle een van die grootste kore in Pretoria maak.

Garsies meisieskoor. Foto: Verskaf

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version