GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SKOOL: Waaiende stertjies maak glimlagte groter

Liane’ vertel dat sy graag meer gereeld Wollies toe wil gaan om ’n groter verskil te kan maak.

Liané Schutte (10) is gekies as ’n finalis vir Mej SA Skole 2018.

Haar liefde vir honde en katte het haar laat besluit op ’n projek waar sy haar skool en gemeenskap kon betrek om diere te help.

Sy is ’n vrywilliger by Wollies, wat omsien na mishandelde en verwaarloosde troeteldiere.

Die sentrum versorg sowat 600 honde en 300 katte op die oomblik.

“Om te dink dat dit net één organisasie is van vele is wat hierdie mishandelde en versaakte diere probeer help – daar is soveel meer diere wat ons hulp kort,” sê Liane’.

“Die gemeenskap moet begin saamstaan teen dieremishandeling; ons moet saamstaan om hierde diere te help,” sê sy.

Sy sê Wollies benodig minstens vyf dromme vol kos per dag om die diere te kan voer.

Liane’ en paar van haar skoolmaats het op 4 Mei sakke kos daar gaan aflaai.

Hulle het ook die dag daar deurgebring en die diere vertroetel.

Liane’ vertel dat sy graag meer gereeld Wollies toe wil gaan om ’n groter verskil te kan maak.

Die gala-aand van die Mej SA Skole 2018-kompetisie vind plaas op 26 Mei.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button