SKOOL: Hoërskool Waterkloof leerders verkies vir Suid-Afrikaanse fisiese wetenskapspanne

Leerders het reeds met uitdunne vir dié olimpiade gedurende September 2017 begin.

Twee leerders van Hoërskool Waterkloof is gekies vir die Suid-Afrikaanse fisiese wetenskapspanne, wat aan die International Physics Olympiad en International Chemistry Olympiad gaan deelneem.

Danie Marais, ’n matrikulant by die Hoërskool Waterkloof, is een van net vier leerders wat van 19 tot 29 Julie die Suid-Afrikaanse span in Praag, Tsegoslovakye, tydens die vyftigste Internasionale Chemie Olimpiade gaan verteenwoordig.

Luan Lombaard, ook in graad 12, sal die Suid-Afrikaanse span in Lisabon, Portugal vanaf 21 tot 29 Julie by die 49e Internasionale Fisika Olimpiade verteenwoordig. Dié spannetjie bestaan uit vyf leerders en twee leiers.

Leerders het reeds met uitdunne vir dié olimpiade gedurende September 2017 begin. Die laaste vraestel is op onderskeidelik 29 Januarie en 10 April hiérdie jaar afgelê en die land se topstudente word vir hierdie eer aangewys. Die vlak van werk vir die International Physical Science Olympiad is hoër as matriek en word op eerste- en tweedejaarsvlak gemeet.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version