GalleriesNewsSchoolsSchools galleriesSports galleries

SKOOL: Die 0/13 A netbalspan van Curro Hazeldean was op toer!

Die dogters het elke dag saam opgeleide afrigters nuwe vaardighede en spelpatrone geleer.

Die eerste netbalspan van Curro Hazeldean se laerskool was op toer na Raloka Ranch vanaf 2 tot 5 April. Die toer was verseker die hoogtepunt van die vakansie.

Die dogters het elke dag saam opgeleide afrigters nuwe vaardighede en spelpatrone geleer.

Na elke sessie het die spanne aan ’n spanbousessie deelgeneem.

Opwindende waterkaskenades en hindernisbane het die dogters nader aan mekaar gebring as ’n span en spangees is onder die dogters ontwikkel.

In die middae het die dogters wedstryde gespeel waarin Curro Hazeldean uitgeblink het:

Cullinan 1-21 Curro Hazeldean

Midstream 9-20 Curro Hazeldean

Reinfield 4-20 Curro Hazeldean

Nelspruit 11-11 Curro Hazeldean

Cullinan 19-1 Curro Hazeldean

(Vyf wedstryde gespeel, vier gewen en een gelykop.)

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button