SKOOL: Paralimpiese atleet presteer by SA’s

Sy het vier goue medaljes verower.

Ons eie goue Eldo, Joelien Haasbroek, het haar merk gemaak in die T44-klassifikasie by die South African Sports Association for Physically Disabled (SASAPD) Standard Bank Nasionale Kampioenskap.

Sy behaal goue medaljes in: 100m-naelloop, verspring, gewigstoot en spiesgooi.

Sy is deur die Gautengse Departement vir Sport, Kultuur en Rekreasie gekies om aan die Tricolor Games 4-16 Julie in Italië te gaan deelneem.

Sy gaan daar aan al vier die bogenoemde items deelneem. Wat ’n wonderlike prestasie! Baie geluk Joelien.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version