Baba Teagan se ma sê dankie

Mense help om baba ordentlike begrafnis te gee.

Die dood van ‘n vier-maande-oue in die Moot verlede week het ‘n rits boodskappe van medelye op sosiale media ontlok.

Teagan Stassen is een van twee mense wat Maandag in die motorongeluk dood is toe die bestuurder beheer oor hul voertuig verloor het.

Die voertuig waarin hulle verongeluk het. Foto: Verskaf

Ondernemings en individue wou onmiddellik help toe hulle hoor dat daar nie geld is om haar te begrawe nie.

Haar ma Lisa sê: “Ek is baie dankbaar en was bly om te sien dat daar eintlik soveel goeie mense is. Op my eie sou ek dit nie kon doen nie.”

’n Roudiens word volgende Vrydag [21 Oktober] om 13:00 vir Teagan gehou by die Koinonia Christen Sentrum, Pretoria Tuine.

Lisa Stassen sê dankie by Evashni Jansen

 

Also read:

LUISTER HIER: Motorongeluk eis twee lewens

OPVOLG: Baba wat in Maandag se ongeluk dood is, se naam bekend

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 072 435 7717.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version