Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Nuwe kussings maak kinderharte bly

Huis Ebenhaeser in Daspoort kry nuwe kussings.

Dertig kussings is Vrydag aan Huis Ebenhaeser in Daspoort deur Laerskool Generaal Nicholaas Smit en die Tshwane Metro Polisie (TMP) se fiksheid eenheid geskenk.

Die skool het ’n behoefte raakgesien en toe TMP genader vir hulp.

Juli de Vrye, van die laerskool, sê: “Die kinderhuis/veilige hawe is naby ons skool en van daardie kindertjies is in ons skool, dus wou ons ietsie klein vir hulle doen.”

Soekie Thomas van Huis Ebenhaezer sê hulle is baie dankbaar vir die nuwe kussings.

“Dit beteken so baie vir ons en veral vir die kinders. Hulle sê elke dag vir my hoe lekker hulle nou slap. Mens kan net dankie sê vir julle skenking. Die kinders se harte is bly.”

“Laerskool Generaal Nicholaas kyk so mooi na ons kinders en vir dit is ons ewig dankbaar,” sê Thomas.

Ebenhaeser is ’n kinderhuis wat kinders van so jonk as 1 jaar huisves. Die oudste inwoner is ’n 43 jarige gestremde.

Daar woon 60 mense op die perseel, waarvan 34 kinders is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button