’n Fietspatrollie teen misdaad

“Hierdie is ons werk en ons doen dit met ’n blye gemoed."

Twee werklose mans het ‘n nuwe roeping gekry in die weste van Pretoria.

Stefan Botha (37) en Steven Smith (44) patrolleer die strate in hul omgewing 24 uur per dag per fiets – van 06:00 tot 06:00 – om misdaad te bekamp.

Inwoners is maar te dankbaar en gee die twee “’n tipe vergoeding” aan die einde van die maand.

“Misdaad in Daspoort, Claremont en Hermanstad het net te veel begin raak en toe inwoners hierdie voorstel maak, het ons onmiddellik ingespring en begin werk,” sê Botha.

Die een week ry Smith bedags en Botha snags. Die volgende week ruil hulle om.

Botha sê die twee doen geen ander werk nie.

“Hierdie is ons werk en ons doen dit met ’n blye gemoed. Ons word nie eens moeg nie,” vertel hy.

“Ons is hier om na die gemeenskap om te sien en inwoners veiliger te laat voel. Dit is ons gemeenskap en om op so terug te gee, is vir ons ’n plesier.”

Botha sê dit lyk of misdaad afgeneem het sedert hulle met die fietspatrollie begin het.

“Dinge kan net nog beter gaan as meer inwoners deel sou word van hierdie inisiatief,” sê hy.

Lees ook: 

Duikers hervat soektog in dam

Missing man still undiscovered

Still no sign of missing man

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version