Loslit-pret vir tehuis

Uitkoms-tehuis het die loslit pretdag geniet by Monkey Tricks.

Uitkoms-tehuis is Vrydag lekker bederf op loslitdag by Monkey Tricks in Montana.

Die sorgsentrum vir gestremdes het ’n vrolike en kleurvolle dag geniet met heerlike kos en allerlei aktiwiteite.

Die Botha Rekenmeesters-span het bygedra tot die prettige dag. Hulle het gesigte geverf en gehelp met die tehuis se “Olimpiese-spele”.

“Die tema vir die die jaar was ‘up your game’,” verduidelik Lizane Retief van Botha Rekenmeesters.

Aktiwiteite soos inkleur, eier-op-lepel-resies, balle deur ringe gooi en stootkarretjies ry is deur die inwoners van die tehuis geniet.

’n Paar hansworse het bykomende vermaak verskaf en inwoners het gesmul aan heerlike worsbroodjies en lekkernye.

Mense en instansies wat bygedra het tot die dag se sukses was Botha Rekenmeesters, JP Botha, Westpack Lifestyle, Sinoville-Brandbestrydingsvereniging, Baartman & du Plessis, Liebner Engravers, Butcher Jacks, Dros, Perfect Water, Top Test, Tasia Manikas, Melissa Lategan en Monkey Tricks.

Kyk video:

Lees ook:

Motorwag word ‘n held

Seun in koma reageer op pa se stem

Akasia-onderhoof sterf na maande in hospitaal

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version