Lyttelton-pensionaris maak slaggate self reg

76-Jarige pensionaris, moeg vir slegte pad naby sy huis, maak vinnig ’n plan.

’n Gevaarlike slaggat in Cliftonlaan, Lyttelton, het ‘n pensioenaris laat skouer aan die wiel sit.

Willie Schutte (76), sê hy was bekommerd oor die skade wat motoriste ly elke keer wat hulle deur die slaggat, ’n lang sloot wat regoor Cliftonlaan loop, en het besluit dat hy nie langer kan terugsit nie.

“Ek ry self gereeld deur daardie slaggat. Ongelukkig het die metroraad vir maande lank die pad so gelos, en dit was tyd dat dit reggemaak word,” sê Schutte.

Met die hulp van sy tuinier het Schutte Maandagoggend, in die hitte van die dag, na die slaggat gery en ’n groot hoop grond wat langs die pad gestort is gebruik om die gat op te vul.

Schutte het die grond met ’n piksteel gekompakteer terwyl sy tuinier die grond ingegooi het.

Die slaggat is net so gelaat nadat die Tshwane-metro ’n groot sinkgat in Cliftonlaan, wat in Maart 2014 gevorm het, moes herstel.

Schutte, ’n afgetrede voertuiginspekteur by die Waltloo-lisensiekantoor, gesels graag oor sy loopbaan, en sê die mentors wat hy oor die jare gehad het is wie hom tot aksie dryf.

Hy vertel met ’n groot glimlag op sy gesig hoe ander inwoners en motoriste dankie gesê het.

“Almal wat daar verby gery het, het vir ons gewaai en dankie gesê. Jy kan so ‘n groot verskil maak in jou medemens se lewe as jy net bereid is om ’n bietjie tyd af te staan.”

Schutte sê hy hoop dat sy daad ander sal inspireer om trots te neem in hul woonbuurte en tyd sal bestee om dit te verbeter.

“As die grond dalk wegspoel sal ek teruggaan en weer die slaggat gaan opvul.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version