Vrou dankbaar dat lede van die GPF haar lewe gered

Twee Pretoria Wes GPF lede is bedank deur ‘n tannie wie se lewe hulle onlangs gered het.

‘n Tannie van Danville se lewe is onlangs gered deur GPF-lede van Pretoria-Wes toe haar bloeddruk te laag was.

Hettie Brits (67) het siek geword toe haar bloeddruk gedaal en sy begin het om bloed op te bring.

“Daardie dag toe my bloeddruk laag was het my neus begin bloei en ek het bloed opgebring,” sê Brits.

“Voor die ambulans kon opdaag, was daar twee GPF-lede wat my kom help en by my gebly het tot die ambulans opgedaag het.”

Eric Cordier en Marietjie van den Berg is die lede wat Brits gehelp het. Cordier se suster woon in dieselfde blok as Brits in Danville en sy het hom gebel toe sy begin siek voel het.

“Toe my suster my bel, het ek na hulle gery. Ek het ook vir Marietjie gebel. Sy het die tannie gehelp terwyl ons vir die ambulans wag.

Brits is hospitaal toe gebring waar sy goeie behandeling ontvang. Toe sy ontslaan is, wou sy vir Cordier en Van den Berg iets koop om hulle te bedank.

“Ons wil geen terugbetaling hê vir die werk wat ons doen nie. Ons help die gemeenskap omdat ons wil en is lief vir dit wat ons doen,” sê Cordier.

Brits sê sy is dankbaar dat hulle so vinnig opgetree om haar te help.

Van den Berg sê dit was ‘n voorreg om Tannie Hettie se lewe te red en om haar te help.

“Hettie het vier ure vir die ambulans gewag en die mense by die ouetehuis het my gevra om te help. Ek wil ook dankie sê vir Wollie de Koker wat die ambulans gaan haal het,” sê Van den Berg.

Sy sê dat hulle ‘n goeie span is wat hard werk om die gemeenskap te help.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version