Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Skole bloei vir gemeenskap

Skole staan saam om bloed te skenk.

Corlia Kruger

Skole in die noorde van Pretoria staan saam om ’n verskil te maak en druppel vir druppel bloed terug te gee aan die gemeenskap.

Woensdag het vyf skole van Montana, Sinoville en omliggende omgewings bymekaar gekom om die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddienste (SANBD) se bloedvoorraad te help aanvul voor die Desembervakansie.

Onderwysers, hoofde en van die leerlinge van Hoërskool Montana, Hoërskool Overkruin, Laerskool Wonderboom en Laerskool Magalieskruin het by Laerskool Stephanus Roos byeengekom vir die massa Bloedskenkdag.

Hoof van Laerskool Stephanus Roos, Christo van Niekerk sê die doel van die Bloedskenkdag is vir bewusmaking en om ’n hele gemeenskap betrokke te kry.

“Ons het al die buurskole in die omgewing genooi om vandag te kom bloed skenk,” sê Van Niekerk. “Dit kos jou niks, maar tog maak dit so ’n groot verskil as mens bloed skenk.”

Die betrokke skole daag ander uit in Pretoria om ook saam te staan en ’n verskil te maak.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button