Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Nog hare waai vir Suné

Netcare 911 laat hul hare waai om engeltjie met kanker te ondersteun.

’n Groep vrywilligers van Netcare 911 en ondersteuners laat waai hulle hare vir Suné Kloppers.

Die vier-jarige Suné is verlede jaar met nierkanker gediagnoseer.

Binne ’n jaar het die aggressiewe kanker na beide longe en haar oorblywende nier versprei, nadat haar linkernier verwyder is.

“Daar is altyd hoop,” sê ma Susan vasbeslote. Alternatiewe behandeling is een van opsies wat die familie oorweeg na chemoterapie gestaak is.

Amazing Angels eksklusiewe-dagsorg waar Suné en haar tweeling-sussie Sunel ’n tweede familie gevind het, staan vierkantig agter die gesin.

Die hoof van hierdie dagsorg, Mickey Gascoyne, het saam met ander onderwysers hulle hare afgeskeer ter ondersteuning van Suné.

“Ek het haar (Suné) ’n belofte gemaak om net soos sy te lyk,” het Gascoyne gesê voor sy weke gelede haar hare afgeskeer het.

Aangevuur deur die initiatief, en die dapper klein engeltjie se stryd teen kanker het Netcare 911-personeel ook hulle hare Vrydagmiddag laat waai.

Familie en dagsorg bedank die ambulansdienste-span en almal wat Suné op hierdie manier ondersteun.

Die publiek word uitgenooi na ’n pretdag vir Suné wat op Sondag, 29 November by Monkey Tricks plaasvind – 3e Straat 739, Montana.

Vir meer inligting besoek die Facebook-blad: ‘Supporting Suné Kloppers #Kidney Cancer

Lees ook: 

Hair off for Suné

Community rallies behind its little angel

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button