Sorgsentrum kry 67-minute

Villieria-polisie wy hul 67-minute aan die gestremdes van die Alfa en Omega sorgsentrum ten bate van Mandeladag.

 

Die lede van die Villieria-polisie het Vrydag hulle 67-minute vir Mandeladag by die Alfa en Omega spesiale sorgsentrum deurgebring.

Polisiewoordvoerder Kaptein Koba Brits sê Mandeladag is vir die eerste keer by dié sorgsentrum vir gestremdes gehou. Sy sê die polisie, asook lede van die GPF, het hande gevat om hierdie dag spesiaal te maak.

Alfa en Omega is ‘n nie-winsgewende organisasie wat na liggaamlik- sowel as verstandelik gestremde mense omsien. Die ouderdomme van die versorgdes wissel tussen 19 maande en 67-jaar.

“Daar is sewe personeellede wat omsien na tussen 15 en 18 gestremdes op ‘n daaglikse basis. Ons het besluit om die sorgsentrum te help opknap en ook verversings saam met die personeellede en die gestremdes te geniet,” sê Brits.

Sy sê die lede het nie net kosbare tyd saam met die mense deurgebring nie, maar het ook geverf, skoongemaak en selfs algemene loodgieterwerk verrig.

“Ons wil net ook ons dankbaarheid aan die lede van die Moot-gemeenskapsinisiatief (Moot-Gi) vir die verskaffing van die vrugteslaai en roomys getuig,” sê Brits.

Sy sê die polisie wil vir die gemeenskap wys dat hulle omgee.

Inwoners wat Alfa en Omega wil ondersteun, kan 012-332-2258 skakel of ’n epos na info@alfaomegacare.co.za stuur.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version