EntertainmentInnibosLifestyleLocal newsNewsWat's nuus

Innibos 2015: Vonke gaan spat op vanjaar se MK-rockverhoog

Van die name op vanjaar se program is reeds landswyd bekend, soos Francois van Coke, Jack Parow, Karen Zoid, Bittereinder en vele meer. Maar, wat die Laeveld se rock-aanhangers gaan trakteer, is die indrukwekkende lys nuwelinge in die bedryf.

MBOMBELA – As jy iemand op Innibos se feesterrein met swart skinny jeans en ‘n leerbaadjie sien, kan jy maar weet hulle is op pad na die MK-Rockverhoog om van die grootste name in die Suid-Afrikaanse rock bedryf te sien.

Van die name op vanjaar se program is reeds landswyd bekend, soos Francois van Coke, Jack Parow, Karen Zoid, Bittereinder en vele meer. Maar, wat die Laeveld se rock-aanhangers gaan trakteer, is die indrukwekkende lys nuwelinge in die bedryf.

Baie mense ken reeds die Black Cat Bones omdat hulle al talle optredes in en om Mbombela gehad het. Die groep is bekend vir hul hipnotiese blues en manewales op die verhoog en hul vertoning by vanjaar se fees beloof om niks minder te wees nie.

Saarkie.
Saarkie.

Saarkie is ook nie vreemdelinge aan die Laeveld nie. Dié meisies wéét hoe om die gehoor met die unieke klanke van hul elektriese kitare en sterk verhoogteenwoordigheid te bekoor.

‘n Kunstenaar waarvoor mense na die verhoog gaan stroom, is die kitaarbaas Gerald Clark. Die rooikop-Stellenbosser was al die hoofaantreklikheid by vele feeste en sy vriendelikheid steek by elke gehoorlid aan.

Gerald Clark.
Gerald Clark.

MonArk het al ‘n etlike gevolg gewerf met treffers soos “Something” en “Smiling”. Mens ken dalk nie hierdie name nie, maar die melodieë is alombekend. Name om voor uit te kyk is Mbombela se eie Jonathan Peyper, Stellenbosch se indie-rockgroep, Spoegwolf, en Pretoria se groove rock-groep, After Robot. Al drie hierdie opvoerings het reeds hope aanhangers in hul tuisdorpe en die Innibossers sal vinnig uitvind waarom hulle so geliefd is.

Monark.
Monark.

Op Vrydag 3 Julie is after After Robot, Bark, Gerald Clark, Monark, Francois van Coke, Bittereinder en Jack Parow in die kollig. Jonathan Peyper, Frankie Fire, Len Muller, Saarkie, Spoegwolf, Black Cat Bones en Van Coke Kartel, sal Saterdagaand sorg vir top-kwaliteit rock sorg.

Spoegwolf.
Spoegwolf.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button