Innibos: Vermaak wat nie ‘n gat in jou beursie brand

Brand jou hart om Innibos by te woon, maar jou bankbalans skree nee? Wel, vanjaar maak Innibos dit vir jou moontlik om, maak nie saak of jy platsak is en of jou beursie van al die banknote bult nie, waarde vir jou geld te kry.

MBOMBELA – Brand jou hart om Innibos by te woon, maar jou bankbalans skree nee? Wel, vanjaar maak Innibos dit vir jou moontlik om, maak nie saak of jy platsak is en of jou beursie van al die banknote bult nie, waarde vir jou geld te kry.

Of jy nou in vervoering raak oor musiek, toneel, boeke of beeldende kuns, die vier dae lange fees wat reeds vir die afgelope 12 jaar ‘n spesiale plek in duisende se harte het, beloof om soos oudergewoonte die winterbriesie te klop.

Toegang tot die feesterein, net soos verlede jaar, is gratis vir kinders onder 12 jaar. Daar is ook ‘n afslagprys vir pensionarisse op Donderdag en feesgangers kan ‘n weekkaartjie teen R420 koop wat alle vermaak op die terrein insluit.

Woensdagaand beloof reeds om feesgangers in ligte luim te kry met die Huisgenoot Afskopkonsert en Donderdag kan hulle uitsien na die kykNET Legendes-konsert. Hier gaan Afrikaanse kunstenaars wat dekades lank reeds diep in duisende se harte ingekruip het, die verhoog met mekaar deel.

Saterdagaand se konsert behoort soos oudergewoonte ‘n hoogtepunte te wees wanneer nie minder nie as 21 kunstenaars gaan optree. Die konsert was verlede jaar so gewild dat hekke gesluit moes word nadat die terrein se kapasiteit bereik is toe 35 000 mense ingestroom het. Maak dus seker jy kry betyds jou kaartjie

Dit is wat jy kan verwag:

Woensdag

R90

Goue sirkel – R50 (plus hektoegang)

Huisgenoot Afskopkonsert: Bobby van Jaarsveld, Dewald Wasserfall, Die Heuwels Fantasties, Joshua na die Reën, Adam, Jak de Priester, Elvis se Seun, Ghapi, Manie Jackson en 1st Project.

Donderdag

R90

Pensionarisse/senior burgers (bo 60 jaar) of met pensioenkaart: R50

Goue sirkel – R50 (plus hektoegang)

kykNET Legendes-konsert: Laurika Rauch, Anton Goosen, Rina Hugo, Danie Niehaus, Sonja Heroldt, Lance James, Jannie du Toit, Andre Schwartz en Randall Wicomb.

Vrydag

R130

Goue Sirkel – R75 (plus hektoegang)

kykNET Legendes-konsert: Riana Nel, Bok van Blerk, Jay, Lianie May, Adam Tas, BlackByrd, Andriette Norman en Pieter Koen.

MK Rockverhoog: After Robot, Bank, Gerald Clark, Monark, Francois van Coke, Bittereinder en Jack Parow

Saterdag

R160

Goue sirkel – R200 (plus hektoegang)

Jacaranda-konsert: Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Elvis Blue, Claire Johnston, Kurt Darren, Robbie Wessels, moniQue, Karen Zoid, Nicholis Louw, Ray Dylan, Elizma Theron, Nadine, Kevin Leo, Tobi, Jason Bradley en Coenie de Villiers.

MK Rockverhoog: Jonathan Peyper, Frankie Fire, Len Muller, Saarkie, Spoegwolf, Black Cat Bones en Van Coke Kartel.

Sondag

Gratis toegang.

Goed om te weet:

Voorskool en laerskoolkinders (onder 12 jaar) – Gratis

Weekkaartjies (toegang vanaf Woensdag tot Saterdag): R420.

Bespreek so

Oor die toonbank: Landwyd by alle take Computicket en Shoprite Checkers winkels.

Computicket kantore in die Laeveld:

Alle takke van Shoprite Checkers

Nelspruit House and Home, Lifestyle Centre, Riverside Park

Kruger Lowveld Chamber of Business and Tourism, Crossing winkelsentrum

Riverside Mall

I’langa Mall computicket

Highveld House and Home, Highveld Mall (Witbank)

Witbank House and Home

Telefonies (met kredietkaart of tjekkaart) 0861-915-8000 (Ma-Sa 08:00 tot 20:00)

Vir die volledige dagprogram, besoek Innibos se webtuiste sowel as www.lowvelder.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version