Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Man met familie herenig ná 50 jaar

'n Garsfontein man het onlangs ná 50 jaar sy broer en twee susters ontmoet.

“Die oomblik toe ek hom sien het ek net geweet hy is my broer.”

So het Jan Botes (53) van Garsfontein gesê, toe hy onlangs, na meer as 50 jaar, sy familie opgespoor het.

Botes is in Bothaville, in die Vrystaat gebore, voor hy op die ouderdom van twee in pleegsorg geplaas is.

Nadat hy onlangs, vir reisdoeleindes, aansoek gedoen het vir sy jongste seun se onverkorte geboortesertifikaat , het hy ook vir sy eie onverkorte geboortesertifikaat aansoek gedoen om meer oor sy familie uit te vind.

“Ek het my ouers se name gesien en begin wonder oor my familie, waarna ek na die Facebookblad Baby Come Home gegaan het. Hulle het my gehelp om my suster op te spoor,” het hy gesê.

“Ek het gevind ek het twee ouer susters, Jane Gagiano en Franci Barnard en ’n broer, Herman Botes.”

Botes en Barnard het toe ‘n verrassingsbymekaarkoms gereël met die ander en almal het verlede Sondag by Gold Reef City in Johannesburg bymekaar gekom.

“Dit was vreemd en ons het almal gemengde gevoelens gehad, want al is ons verwant is almal vreemdelinge vir mekaar, en ek vir hulle,” het Botes gesê.

Maar so vreemd soos dit klink, sê Botes het hy sy ouer broer herken die oomblik toe hy hom gesien het.

“Ek sien uit daarna om almal beter te leer ken en saam te groei as familie. Dit is eintlik ongelooflik want ons het baie in gemeen, al het ons mekaar vir meer as 50 jaar nie geken het nie.”

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button