GalleriesLocal newsLocal sportNewsSportSports galleries

Eerste VirSeker Kolonnade 3-in-1 padwedloop ‘n reuse sukses

Die sukses van Saterdag se eerste VirSeker Kolonnade 3-in-1 padwedloop het die organiseerders oortuig dat dié wedloop gekom het om te bly.

Die Overkruin atletiekklub se VirSeker Kolonnade 3-in-1 padwedloop is Saterdagoggend vir die eerste keer met groot sukses by die Kolonnade winkelsentrum in Montana aangebied.

Meer as 2500 atlete het vanoor die hele Gauteng opgeruk om vir oulaas aan ’n kompeterende padwedloop deel te neem voor die meeste van hulle eerskomende naweek die Comrades Ultra marathon gaan aandurf.

Die organiseerders was verras met die goeie opkoms, juis vanweë die feit dat die wedloop so naby aan die Comrades-datum aangebied word. Dié sukses het hulle egter aangespoor om daar en dan te besluit dat die wedloop volgende jaar uitgebrei moet word om selfs meer atlete te trek.

Omdat die Kolonnade winkelsentrum aan die noordelike hang van die Magaliesberg gesetel is en weens die roete van die wedloop wat verskeie moeilike opdraandes bevat, behoort dié wedloop die ideale laaste voorbereiding aan Comrades-hardlopers te verskaf.

Die gees by die wedloop was besonder goed en dít is ook aangehelp deur die feit dat die waterpunte deur skole uit die omgewing beman is. Dié skole was terselfdertyd in ’n kompetisie gewikkel om die waterpunt met die beste aanbieding en gees te bepaal. Die wenner van dié kompetisie, Overkruin Hoërskool, het die Rekord-wisseltrofee en ’n kontantprys ontvang.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button