GalleriesLocal newsNewsNews galleriesSchools galleriesSportSports galleries

Gestremde seun laat die kenners gons

’n Jong gestremde seun van Pretoria se atletiekprestasies dui daarop dat hy binnekort ’n deurbraak kan maak as een van die wêreld se nuwe paralimpiese sterre.

As die 11-jarige Emile Burgers van Pretoria voortgaan om teen sy huidige tempo op die sportveld te presteer, is die kanse baie goed dat Pretoria oor ’n paar jaar wéér met ’n paralimpiese kampioen sal kan spog.

By die onlangse nasionale atletiekkampioenskap vir gestremde atlete het Burgers vier medaljes gewen, waarvan drie goud en een silwer was.

Dit was veral sy prestasies in velditems soos spiesgooi en gewigstoot wat die aandag getrek het. Hy hou amptelik nou die nasionale rekord in spiesgooi vir seuns o.14 in sy gestremdheidsklas.

Burgers se prestasie is effens vergemaklik deur die feit dat hy, as een van die Jumping Kids-organisasie se begunstigdes, ’n nuwe sportvriendelike prostese kon ontvang na ’n geldinsamelingsaand by die Denver Spur in die Jacaranda-sentrum in Rietfontein.

Met sy nuwe prostese kon Burgers gemakliker beweeg en dus ook meer mededingend aan die kampioenskap deelneem.

Sy sukses laat hom nou groter droom en die 2020 Paralimpiese Spele is reeds duidelik in sy visier, veral as spiesgooier. Hy het tot dusver sy prestasies behaal sonder veel afrigting, maar daar is nou vooruitsigte van beter en meer intensiewe afrigting.

Burgers is een van ’n tweeling en sy regterbeen moes kort na sy geboorte afgesit word weens nagevolge daarvan dat die naelstring voor geboorte om sy been gedraai het.

Sy ma Antoinette sê sy gestremdheid het nog nooit verhoed dat hy uitstaan as haar woeligste kind nie. Hy en sy tweelingbroer, Ruan, het ook ’n ouer broer, Jandré.

Antoinette vertel dat Emile selfs vroeër as sy broers leer loop het en van kleins af die een was wat beter kon boomklim of soms selfs op die huis se dak beland het in sy woeligheid.

Hoewel hy nie amptelik kan rugby speel nie, is hy gereeld in pouses by die skool te sien met ’n rugbybal in die hand saam met sy maats op die speelgrond. Sy sporthelde is ook rugbyspelers en sy gunsteling Bulls-spelers is Morné Steyn en JJ Engelbrecht.

Die spansport waaraan Burgers wel kan deelneem, is sagtebal en ook hierin blink hy uit by die Sonitus-skool, waar hy ’n leerling is.

Dit is egter as atleet waar dié woelige knaap beslis die talent het om dié wêreld van hom, te laat kennis neem. Intussen het hy ook reeds besluit wat hy eendag na skool wil doen as hy nie meer kompeterend aan sport deelneem nie.

Hy wil, soos een van sy ander helde, Johan Snyders, kunsledemate en prostese maak. Snyders is die ingenieur wat sy nuwe sport-prostese ontwerp en gemaak het.

“Dan kan ek ander mense help, soos ek gehelp is om makliker en met minder pyn te kan beweeg,” sê Burgers.

Lees ook:

Mediese professor behaal mylpaal

Onderwysers red twee-jarige

Seun herstel ná knie-operasie

Watch:

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button