Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Pret by Gesinsfees ten bate van CANSA

Moenie hierdie pret by die Gesinsfees misloop nie.

Die Gesinsfees by SuperSport Park, ten bate van CANSA, het Saterdag afgeskop.

Hierdie fees, wat van Saterdag 16 Mei tot Sondag 17 Mei plaasvind, bied nie net ‘n verskeidenheid aktiwiteite, insluitend kinder-pretpark en trapkarretjies en kunsmark stalletjies vir die hele gesin nie, maar ook boeresport, toutrek en ‘n sterkmanvertoning.

Feesgangers kan ook uitsien na optredes deur bekende sangers soos Jakkie Louw, Thys die Bosveldklong, Marulaboom, Nedine Blom, Pieter Smith, Ronell Erasmus, Karen Ferreira, Blackie Swart, Jak de Priester, Ricus Nel, Jennifer Zamudio, Mathys Roets en vele meer.

Teen R 50 ‘n kaartjie vir volwassenes en gratis ingang vir skoolgaande kinders, is hierdie ‘n fees wat nie misgeloop mag word nie.

Hekke open 08:00 en sluit 18:00, terwyl die biertuin om 17:00 sluit.  Daar is ook  Outomatiese Tellermasjiendienste (OTMs) beskikbaar op die perseel.

Ondersteun CANSA en geniet ‘n dag vol pret vir die hele gesin.

Kaartjies is te koop by die hekke op die feesdae of aanlyn deur TicketPro.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Back to top button