Community galleriesGalleriesLifestyleLocal newsNewsSchools galleries

Aand van Legendes reuse sukses

Die Aand van Legendes is hierdie jaar by Hoërskool Overkruin gehou.

Hoërskool Overkruin het Vrydagaand hierdie jaar die tweede, jaarlikse Aand van Legendes aangebied, met eregaste wat Joost van der Westhuizen, Gary Botha en vele meer ingesluit het.

Internationale legendes, insluitend George Gregan en Colin Charvis het ook die geleentheid bygewoon.

Volgens Botha, ‘n oud-leerling van Hoërskool Overkruin, is die doel van hierdie geleentheid om die gemeenskap waar ons sporthelde en ander legendes vandaan kom, te dien.

“Ons wil dit ‘n jaarlikse instelling maak, waar verskillende skole van die omgewing geleentheid kry om die Aand van Legendes aan te bied,” het Botha gesê.

“Dit is nie net fondsinsameling vir die skole vir nodige opgraderings nie, maar ook die geleentheid om mense terug te bring na ons skole. Ons wil vir ons jong mense die geleenthede skep om self eendag legendes te kan word.”

Die aand het ook ‘n opveiling van getekende sport gedenkwaardigehede, insluitend ‘n Springbok trui van Joost van der Westhuizen en ‘n trui van George Gregan, ingesluit.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Back to top button