Ondersteuners wys hul ware kleure vir Gauteng-derby
Bulls en Lions ondersteuners het gestroom na Loftus om dié wedstryd te sien.
Koos Venter
Die Berry-familie het al die pad van Bethal in Mpumalanga gekom om due Bulls te ondersteun.
Te oordeel aan die hoeveelheid ondersteuners van die Lions wat Saterdag by Loftus Versfeld opgedaag het om hul span te ondersteun vir die SupeRugby wedstryd teen die Bulls, is dit duidelik dat die manne van Johannesburg deesdae weer kookwater rugby speel. Die Bulls ondersteuners was egter self daar in groot getalle om hul span te ondersteun in hul laaste tuiswedstryd voor hulle op hul toer oorsee vertrek.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.