Eersterust inwoners staan saam

Nuwe gemeenskapsentrum wil inwoners van Eersterust dien.

Inwoners van Eersterust, moeg vir wat hulle ’n ‘eindelose dwelm-en-misdaadplaag’ noem, het besluit om saam te staan om ’n nuwe gemeenskapsentrum te  begin om inwoners met probleme van enige aard te help.

Die ‘Eersterust Community Help Centre’ (E-CHC) is deur die ‘Concerned Parents Association of Eersterust (CPAE)’ begin met die oogmerk om inwoners te help deur die sentrum ’n middelpunt te maak vir inwoners om bymekaar te kom en probleme in die gemeenskap te takel.

Desirée Fisher, uitvoerende lid van die CPAE sê hoewel die lede van die sentrum nie opgelei is om terapie of behandeling te verskaf nie, gaan hulle as middelman optree. “Wat ons gaan doen is om inwoners met probleme met die regte owerhede en organisasies te verbind. Ons wil seker maak hulle ontvang die regte hulp en ons gaan enige proses wat hulle ookal moet volg, saam met hulle stap.”

“Dwelms is ’n groot probleem in ons gemeenskap. Baie keer word dwelmverslaafdes na rehabilitasiesentrums gestuur, dikwels teen hul wil, en dit misluk. Wat ons sal doen is om seker te maak dat verslaafdes eers vir berading gaan en dan na rehabilitasie. Ons sal al die nodige organisasies kontak en die pad saam stap,” sê Fisher.

Die sentrum, wat by die Eersterust-sokkerstadion is, is Saterdagoggend bekendgestel. Lede van die CPAE, vrywilligers wat by die E-CHC werk en hul kinders, asook lede van die gemeenskapspolisiëringsforum het die bekendstelling bygewoon. Kinders het sokker gespeel en op springkastele gespring terwyl ouers gebraai het en die moontlikhede van die nuwe sentrum bespreek het.

Enige iemand wat by die E-CHC betrokke wil raak, kan navrae na concernedparents.eersterust@gmail.com stuur.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook or follow us on Twitter.

Khoisan hoofman !Arum C. Botha.
GPF voorsitter Charles Visagie en pastoor Markham Scheepers.
Maatskaplike werker Bella Pretorius en Waylan Robertson.
Die E-CHC-groep.
E-CHC-lede Patrick Louw en Desirée Fisher.
Eersterust kinders Darrené Mozes, Shaynique Beyers, Kelly en Cessey Schiel, en Meshagen Burgers.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version