Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Liefdadigheid motiveer jong model

'n Jong model van Pretoria se hoof motivering is om liefdadigheidswerk te doen.

‘n Jong man van Wonderboom het onlangs Pretoria se naam hoog gehou toe hy as Mr Rand Show in Johannesburg gekroon is.

Jacques du Plessis (21), wat op 4 April as Mr Rand Show 2015 gekroon is, het op ‘n jong ouderdom al belangstelling in modelwerk getoon. Hy het reeds meer as 100 titels agter sy naam.

‘n Paar jaar gelede was hy die SA uitvoerende-kunskampioen en hy het ook reeds in die buiteland van sy loopbaandrome behaal.

“Ek is baie lief vir Pretoria, maar sal graag in Amerika wil gaan woon, want daar is ‘n groot mark en baie geleenthede in modelwerk,” het Du Plessis gesê.

Behalwe vir sy modelwerk, gee hy graag motiveringspraatjies, beoordeel kompetisies by skole in die noorde van Pretoria en doen deeltyds model-afrigting by Vogue-modelskool.

Du Plessis was ook al te sien in musiekvideos van Michelle Kuyper en Leandri Small. Hy volg glad nie ‘n dieet om fiks te bly vir sy moedelwerk nie, maar volgens hom oefen hy ses dae per week en sorg dat hy gesond eet.

Du Plessis is ook in 2010 as die jongste Mr Valley of the Waves by Sun City gekroon is. Volgens hom is sy hoof-motivering om hierdie titels in te palm die geleentheid om liefdadigheidswerk te doen.

“Liefdadigheid lê my baie na aan die hart. Dit is een van die mees-lonende aspekste van hierdie kompetisies,” het Du Plessis gesê.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button