Publiek groet geliefde GPF-lid

Die Moot gemeenskap groet Johnny Badenhorst wat Kaap toe trek het.

Vriende en kollegas van Secure24 het Saterdagaand in East Lynne vir Johnny Badenhorst gegroet.

Badenhorst was vir twee jaar die bedrydfsbestuurder by Secure24 en verhuis nou Stilbaai toe om ‘n Secure24-tak daar te open.

“Ek is baie opgewonde om saam met nuwe mense, ‘n nuwe gemeenskapspolisiëringsforum en nuwe polisie te werk en ek hoop om oor te dra wat ons hier in Pretoria al bereik,” sê het Badenhorst .

“Ek’s is ook baie hartseer oor die inwoners en ‘familie’ wat ek in Pretoria agterlaat. Ek gaan almal baie mis, veral die mense in Pretoria, want hier is almal altyd so gewillig om mekaar te help. Die gemeenskapsgevoel onder Pretorianers is iets besonders.”

Jaco Koekemoer het ‘n heildronk op Badenhorst ingestel. “Ek dink almal in die Moot en in Montana ken vir Johnny. Dit is nie vir my maklik om totsiens te sê nie, maar ek beskou dit ‘n eer om hom te ken,” het Koekemoer gesê.

“Daar gaan beslis ‘n leemte in die gemeenskap wees wanneer jy weg is, maar jy sal altyd naby ons harte wees. Vir Bonita sê ons baie dankie dat sy jou vir ons geleen het en julle moet mekaar mooi oppas.”

Emosies het hoog geloop tydens die geleentheid en Badenhorst was oorstelp toe hy geskenke van die gaste ontvang het.

Ondanks die groot skuif bly Badenhorst deel van die herinneringe van sy kollegas en die gemeenskap wat hom deur die jare leer vertrou en respekteer het.

“Ek het self al die eer gehad om saam met Johnny patrollie te ry en enigiemand wat al hierdie eer gehad het weet: Jy het nog nie patrollie gery voordat jy saam met Johnny gery het nie,” het Koekemoer gesê.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook, Instagram en Twitter blaaie.

Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version