Community galleriesGalleriesLocal newsNews

‘Great Gatsby’ fondsinsameling vir kinderhuis

'n Fondsinsameling vir die kinderhuis was 'n groot sukses.

Die Jakaranda-kinderhuis het Saterdagaand ‘n musiekvasvrae en dans by die kinderhuis in die Moot gehou.

Christo Louw, die organiseerder van die aand, het gesê Jakaranda-kinderhuis hou een keer per jaar so ‘n vasvraekompetisie om geld in te samel vir dié kinders wat vir eksterne, gespesialiseerde terapie moet gaan.

Daar woon ongeveer 250 kinders in die kinderhuis waarvan omtrent 70 kinders eksterne terapie benodig.

Die aand wat die tema Great Gatsby gehad het, was ‘n buitengewone sukses aangesien hulle ‘n wins gemaak het nog voor hulle ‘n enkele kaartjie verkoop het.

Louw het gesê hul het wonderlike borge gekry wat die aand se geldelike uitkoms blink gevryf het.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Back to top button