Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Melktert-kompetisie ‘n sukses

Capital Park-inwoners en omliggende gebiede het Saterdag se melktertmark geniet.

Coffee@Capital melktert-mark, die eerste en enigste van sy soort in Pretoria, was Saterdag ‘n groot sukses. Die melktert-mark is tussen 08:00 en 18:00 by Capital Plants en Coffee@Capital aangebied.

Dit was op 27 Februarie melktert-dag, maar Capital Park het die dag Saterdag gevier. Die hoogtepunt was ‘n traditionele melktert-kompetisie. Sowat 15 geesdriftiges het hul melkterte vir die kompetisie ingeskryf.

Daar was vermaak vir almal en verskillende stalletjies waar mense hul produkte kon verkoop.

Die dag se opbrengs is aan die Emily Hobhouse-tehuis geskenk. Die melktert-kompetisie-wenner het ‘n high tea by Michaelangelo in Sandton vir twee persone gewen.

Vir gratis nuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Back to top button