Flashmob “stunner”

Die publiek by Wonderpark Mall geniet ‘n flashmob-vertoning.

Wonderpark Mall is Saterdagmiddag met ’n flasmobvertoning vergas. CC Vocal Studios van Brooklyn was verantwoordelik vir die verrassing.

Lede van die groep het van verskillende plekke gekom toe hul hoofsanger begin sing het. Hulle het voor Legit stelling ingeneem en ook begin sing.

CC Vocal Studios het ook al in Namibia ’n flashmob-vertoning aangebied.

Lede van die groep berei hulle tans voor vir optrede in Swede. 
Die groep doen gereeld flashmob-vertonings ter wille van spangees en patriotisme – om waarlik trotse Suid-Afrikaners te wees.

For more community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

Also like our Facebook page and follow us on Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version