Community galleriesEntertainmentGalleriesLifestyleLocal newsNews

Vintage Kings bekoor

Vintage Kings het Vrydag aan opgever by Firkin in Centurion.

Die Vintage Kings-musiekgroep, het die gehoor behoorlik bekoor, met ‘n vertoning wat Vrydagaand, by Firkin in Centurion plaasgevind het.

Die groep bestaan uit vier lede, Daniel Rademeyer (25) wat basskitaar speel, Hendry Stander (32) wat sing, Charles Noke (25) wat tromme speel en Valdemar Smith (20) wat kitaar speel.

Die lede is almal uit die ooste van Pretoria en buiten die musiekgroep is Rademeyer ‘n jeugleier, Stander het ‘n drukkersbesigheid en is ook ‘n musiekdirekteur, Noke is ook ‘n musiekdirekteur en Smith studeer musiek.

Stander sê die groep het in 2011 amptelik begin, nadat hulle die Firkin Battle of the Bands Summer Gam gewen het.

Stander het ook gesê die groep het slegs twee weke lank geoefen voor hulle die kompetisie gewen het.

“Die naam ‘Vintage Kings’ ontstaan omdat hulle van ‘n ‘vintage look’ hou en dat hulle almal saam voel dat hulle enige uitdagings in die lewe soos konings hanteer,” het Noke gesê.

Smith sê die groep het hul eerste album in 2013 vrygestel en hul nuwe album sal vroeg in 2016 beskikbaar wees.

“Vanjaar gaan ons aan musiekvideo’s en enkelliedjies werk.” het Stander gesê.

Die groep het al by bekende kunstefeeste soos Aardklop, Innibos en Mieliepop opgetree.

Hulle tree ook gereeld in plekke soos Arcade Empire in die ooste van Pretoria en Firkin in Centurion op.

Die groep het gesê hulle geniet dit om saam gholf te speel en Smith sê ontbyt op ‘n Vrydagoggend is hul gunstelling tydsbedryf as ‘n groep.

Rademeyer sê hy is lief daarvoor om foto’s te neem en Stander en Noke geniet dit om vierwielmotorfietse in hul vrye tyd te ry.

Stander het gesê hy voel positief oor die toekoms van die groep en hy dink hulle gaan nog heelwat vorentoe bereik.

“Die grootste uitdaging vir die groep is om beroemd te word maar om steeds uniek te bly,” het Stander gesê.

Rademeyer het homself leer basskitaar speel en sê dit is vir hom ‘n passie.

“Ek neem die algemene samevatting van die groep se lirieke en dan voeg ons dit saam in die eindproduk,” het Stander gesê. “Ons alledaagse lewenservaring is die aansporing van ons kreatiwiteit”, het Noke gesê.

 

Vir gratis nuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

‘Like’ ons Facebook blad en volg ons op Twitter.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Back to top button