Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Sinoville ouma word 90

'n Ouma van Sinoville deel haar geheime oor haar ouderdom.

Blokkiesraaisels en daaglike oefening het ‘n prominente plek in die lewe van Ouma Joey, wat Saterdag 90 jaar oud geword in Sinoville in die noorde van Pretoria.

“Ek oefen elke dag, loop om die woonstel en doen strek-oefeninge op my bed. Ek geniet dit verskriklik baie om legkaarte te bou, blokkiesraaisels in te vul en om te lees,” vertel sy.

Johanna Alida Elizabeth is op 21 Februarie 1925 gebore en is oorspronklik van Nelspruit.

By haar verjaarsdag-viering by die Hervormde Kerk in Sinoville het sy gemaklik gesels oor haar lewe. Sy woon in haar eie woonstel in Sinoville, was haar eie wasgoed, maak haar eie kos en sorg self dat die huis skoon en netjies bly.

Op 7 Junie 1947 is sy getroud en die eerste van haar vier kinders is die volgende jaar gebore. Sy het vyf kleinkinders en vier agter-kleinkinders.

Ouma Joey het in haar jong jare vertalings gedoen en daarna was sy ‘n huisvrou.

“Dit is belangrik om jou liggaam gesond te hou,” vertel sy.

Die bekende akademikus Hans Strijdom, na wie die straat Hans Strijdom in Pretoria Oos vernoem is, was haar ma se oom.

Ouma Joey onthou nog die name van die agterosse wat haar oupa se ossewa getrek het en het hulle terstond opgenoem — Nicman, Noorman, Opperman, Voorman, Dumpie, Bles, Bleker, Regter, Booekeman-Snel, Hadie, Dasie, Millik, Mak, Woertman, Snel, Millik, Mak, Fluite en Beskuit.

Die geheim daarvan om so oud te word, vertel sy, is om ‘n eerlike lewe te lei.

“Jy moet elke dag op jou knieë gaan en gesels met die Drie-enige, dan sal jy nooit ongelukkig wees nie. Hy sal jou lei en leer.”

 

Vir gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

‘Like’ ons Facebook blad en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Back to top button