Potjiekos-kompetisie vir nuwe klubhuis

15 potte het deel geneem aan die kompetisie.

‘n Tak van Run/ Walk for Life het Saterdag ‘n potjiekos-kompetisie in Wonderboom gehou om geld in te samel vir ‘n nuwe klubhuis.

Rietondale Run/Walk For Life se bestuurder, Corlien Verheijen, wat die dag georganiseer het, vertel: “Ons wil graag ‘n nuwe klubhuis oprig vir ons Rietondale-lede omdat ons nie ‘n plek het om bymekaar te kom nie.”

Enigiemand kon inskryf vir die kompetisie en 15 potte het meegeding.

“Daar was ook ‘n natuurstappie en bergfietsrit waaraan mense kon deelneem,” vertel Verheijen.

Die wenner het ‘n week by Dolphin Beach Hotel in Kwazulu-Natal losgekook. Die tweede prys was ‘n fotosessie vir ‘n paartjie en die derde prys ‘n Avon geskenkpak.

Vir gratis nuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

‘Like’ ons Facebook blad en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version