Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Optog teen dwelmhandelaars

Eersterust het genoeg gehad.

Honderde inwoners van Eersterust het Saterdag aan ‘n optog teen dwelmhandelaars deelgeneem.

“Ons is moeg daarvoor dat ons eie kinders ons besteel om hul dwelmgewoontes aan die gang te hou,” sê een van die organiseerders, Zubaire Reenen. “Ons is moeg daarvoor om snags wakker te lê en te vrees vir ons lewens.”

Reenen is ook voorsitter van die Our Youth at Risk Organisation of South Africa.

Hy sê die optog was ‘n goue geleentheid om ‘n duidelike boodskap aan dwelmhandelaars te stuur dat hul bedrywighede nie langer deur ouers geduld sal word nie.

Eersterust is oorstroom deur dwelms, wat die potensiaal het om die gebied se jeug te omskep in ‘n verlore generasie, sê Reenen.

Daar is na beraming 15 000 mense in Eersterust wat op die oomblik dwelms gebruik en die aanduidings is dat die probleem daagliks vererger.

Jong kinders laat hulle insleep by misdaad om hul dwelmgewoontes te onderhou, sê Reenen.

 

Vir gratis nuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

‘Like’ ons Facebook blad en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Back to top button