Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Gholfdag vir siek sanger

Gholfdag is gehou by Akasia Country Club om geld in te samel vir die sanger Jaco van Wyk.

‘n Gholfdag is Vrydag by die Akasia Country Club gehou om geld in te samel vir die sanger Jaco van Wyk (33) wat aan kanker ly.

Braam van Wyk, ‘n goeie vriend van Jaco en organiseerder van die dag, sê geld sal gebruik word om die sanger se mediese koste te dek en die mikpunt van R50 000 is bereik.

“Die dag was ‘n yslike sukses en ek is dankbaar dat daar soveel mense is wat omgee.” het Braam gesê.

Van Wyk van Middelburg is op 12 Januarie 2012 vir die eerste keer gediagnoseer met blaas, prostaat en nier-kanker.

“Ek het aanvanklik gedink ek het nierstene, nooit sou ek kon raai dat ek met sulke mismoedige nuus geslaan sou word nie.” het Jaco gesê.

Jaco kan geen chemo-terapie of bestraling ontvang nie omdat hy ‘n weerstandige kanker het wat nie op sulke behandeling reageer nie.

Jaco sê hy het al 10 operasies ondergaan.

“Die gevoel wanneer ek uit die teater kom maak my skoon naar om aan te dink. Dit is ‘n onsedelike pyn wat ek ondervind.”

Jaco gaan op 13 Maart ‘n ernstige operasie ondergaan om sy blaas, prostaat, kliere en ‘n nier te verwyder.

“Ek is maar skrikkerig vir die operasie maar ek is positief en glo ek gaan gesond word.”

Sy vrou Anelda sê Jaco is baie optimisties en positief oor die operasie en sy toekoms.

“Niks kan hom onderkry nie, dis asof hy van staal gemaak is.”

Jaco, wat sy liedjies self skryf, werk aan ‘n derde CD ondanks sy siekte.

Hy tree sowat vier keer per maand op en is te siene by plekke soos : Cock and Bull in Hartebeespoort, Die Bosvelder in Centurion en Hoofkantoor in Middelburg.

Jaco het op die ouderdom van sewe begin kitaar speel en kan ses verskillende instrumente bespeel, onder meer die trekklavier, kitaar, klavier en orrel.

Vir gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

‘Like’ ons Facebook blad en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button