Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Buurtpatrollie bedank borge

Silverton-buurtwag oorhandig sertifikate aan borge om dankbaarheid te toon.

Silverton-buurtwag het Woensdagoggend dankie gesê vir borge wat hulle bystaan.

Pieter Coetzee van Selftrack, Clive Sumington van Yarona Gastehuis, Fred Cornelius van Uitkyk Vleismark en Otto en Alex Nel van Echo-Tech het elkeen ‘n sertifikaat van die buurtwag ontvang.

Cornelius het gesê hy voel geëerd om die sertifaat te ontvang. “Die buurtwag patrollies doen uitstekende werk vir die gemeenskap. Wanneer almal in die aande rustig voor die TV sit, patrolleer hul die strate om die buurt te beveilig,” het Cornelius gesê.

Coetzee het gesê hy voel baie geëerd om deel van die buurtpatrollie se sukses te wees.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button