Valentynsdag kook- en kunsvertoning

Rooi Rose het onlangs 'n 'kos en kuier'-geleentheid aangebied.

Ter voorbereiding van Valentynsdag wat om die draai is, het Rooi Rose Donderdagoggend ‘n spesiale ‘Lesersdag: Kos en kuier’-geleentheid by Brooklyn winkelsentrum gehou.

Die geselligheid het gaste die kans gebied om lekker Valentynsdagresepte uit die boonste rakke te leer, direk van twee top Suid-Afrikaanse kokke.

Kok Lesley Jacobs en kok Nicolas van der Walt het kookvertonings gelewer met smullekker, maar eenvoudige resepte.

Tussen tuisgemaakte ‘sushi’ en gevulde, ontbeende hoenderboudjies was daar oorgenoeg idees vir ‘n romantiese ete. Almal se monde het gewater en gaste het ‘n vingerete geniet.

Hierna het Desireè Gastaldi en assistent Corrie Meiring ‘n blommerangskikkingsdemonstrasie aangebied. Gaste is ook bederf met ‘n trekking en elkeen het ‘n geskenkpakkie gekry om huis toe te neem.

Vir gratis nuus van Pretoria in jou area, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

‘Like’ ons Facebook blad en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version