Tuks Jool 2015

Duisende studente het Jool 2015 baie geniet.

Studente, toeskouers en nuuskieriges het Vrydag reeds vroeg op die LC de Villiers-sportterrein saamgedrom in afwagting tot die jaarlikse jool-optog.

Studente van die verskillende Tuks-koshuise het reeds aan die begin van die jaar aan die werk gespring in die hoop dat hulle sierwa as die mooiste en oorspronklikste aangewys sal word.

Die verrigtinge is afgeskop met ‘n toespraak deur rektor Cheryl de la Rey waarna toeskouers vir sowat twee ure die kans gegun is om na die versierde waens te kyk. Anders as ander jare het die beoordeling en parade op die sportgronde plaasgevind.

Duisende plastiekblommetjies, gekleurde lappe, laat aande en liters verf het weereens gesorg dat vanjaar se sierwaens nie vir vorige jare hoef terug te staan nie.

“Dit is so opwindend om deel van die Jool te kan wees. Hierdie jaar se koshuise het baie moeite met hulle sierwaens gedoen maar ek is nie seker wie gaan wen nie. Miskien wen almal,” het Lance Mzyk, ‘n student aan die Universiteit van Pretoria gese.

Ook vir Meghan Dobbin, was die optog ‘n spesiale ervaring. “Dit is die eerste keer dat ek die Jool bywoon en die vlotte lyk almal wonderlik. Ek het die meeste van die seerowerskip gehou en ek dink hulle gaan beslis wen.”
Lesers wat nie die optog kon bywoon nie, maar steeds ‘n bydrae wil lewer, kan skenkings via die TuksJool skenkingslyn maak. Om R15 te skenk, SMS bloot “TuksRag ‘jou naam'” na 39590.

Onthou om jou foto’s vir ons te stuur na editorial@rekord.co.za of Tweet ons en gebruik die ‘hashtag’ #Jooligheid.

 

Vir gratis gemeenskapsnuus in jou area, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

‘Like’ ons Facebook page en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version