Bekende skool vier 90e bestaansjaar

Een van die top skole in Nieuw Muckleneuk het onlangs hul 90e bestaansjaar by die skool gevier.

Laerskool Anton van Wouw in Nieuw Muckleneuk het Dinsdag tydens ‘n spesiale seremonie die skool se 90e bestaansjaar gevier. Verskeie eregaste het die geleentheid gevier, insluitende drie oud-hoofde en ‘n paar oud-Wouwtjies wat groot hoogtes bereik het.

Retief Burger (gospel sanger), Danie Visser (Springbok-tennisspeler), Annie Malan (aktrise en sakevrou), Gerhard Zanberg (Olimpiese-swemmer) en Mimi Coertse (operasangeres) het elkeen ‘n paar woorde van gelukwense tydens die seremonie gehad.

“My sussie het altyd gesê mens moet 10 000 ure spandeer aan iets voordat jy goed is daarmee. Ek is sedert Graad 1 deur die skool geleer om voor mense op te tree en het reeds voordat ek in Fiela se Kind gespeel het, my 10 000 ure van optrede by die skool bereik. Ek wil vandag dié boodskap oordra dat julle elkeen iets moet kry waarvan julle hou en begin werk aan die 10 000 ure om dit goed te kan doen,” het Malan gesê.

Tydens die geleentheid is 90 spierwit duiwe losgelaat.

Annetjie Goosen is reeds 26 jaar lank ‘n onderwyser by die skool en die personeellid met die meeste diensjare. Sy het meer van die skool se geskiedenis vertel. “Laerskool Anton van Wouw het op 27 Januarie 1925 die deure as Nu Muckleneuk Skool geopen, met 61 leerlinge en drie onderwysers.”

Sedertdien het die skool jaarliks gegroei, verskeie aanbouings ondergaan en staan vandag bekend as een van die top skole in Pretoria. Die skoollied, wat vandag nog met trots gesing word, is dekades gelede deur Anna en Coenie Rudolph geskryf. Hul seun, Kobus Rudolph, het ook die verjaarsdag bygewoon en het interessanthede oor die skoollied en ander staaltjies met die kinders gedeel.

Vir gratis gemeenskapsnuus in jou area, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook blad en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version