Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Nuwe Moot ‘inwoners’ verras gemeenskap

'n Paar interesante nuwe Moot inwoners het Oujaarsdag hul opwagting naby Die Wit Huis restaurant gemaak.

Die nuwe Moot-inwoners mag dalk voëls van anderse vere wees, maar hulle is hartlik verwelkom op Oujaarsaand toe hulle uit die bloute hul verskying by Die Wit Huis gemaak het.

‘n Kolgans-ma en haar sewe nuwe kleintjies, het glo in een van die palmbome naby Die Wit Huis restaurant in Ben Swartstraat gewoon.

Mede-eienaars van Die Wit Huis, Hansie Steinberg en Trompie Snyman, was verras toe die kolgans-ma en haar kleintjies op Oujaarsdag sowat agt meter uit die palmboom waar hulle gewoon het, gespring het op soek na ‘n nuwe hawe.

“Hulle het nie seergekry van die val nie, maar het so verward gelyk dat ons dadelik ingespring en hulle stadig langs 10de Laan af gehelp het na die Apiesrivier-spruit toe,” het Steinberg gesê.

Nadat hulle eindelik veilig uit die besige Pretoria-strate koers gekies het, het ‘n rustige kolgans-ma en haar kleingoed, met die hulp van ‘n paar barmhartige samaritane, in die Apiesrivier afgeswem op soek na ‘n nuwe hawe waar die gras groener is as in ‘n palmboom.

 

Vir gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button