Kinders gesels oor Kersvader en Kersfees

Kinders gesels met Rekord oor Kersvader en wat hulle graag vir Kersfees wil hê.

Kersfees is om die draai en die opgewondenheid onder kinders oor die gedagte van geskenke onder ‘n Kersboom is tasbaar.

Dan is daar ook die vooruitsig van Kersvader wat die aand van 24 Desember dalk in die huis gaan rondsluip om ‘n verrassing vir die kinders van Pretoria te los.

Rekord het met ‘n paar sesjarige kinders van die noorde gaan gesels oor wie Kersvader is, wat hulle vir Kersfees verwag, hoe Kersvader dit regkry om betyds by elke huis uit te kom en wat hy alles aanvang as dit nie Kerstyd is nie.

Ewan Rynners

Ewan Rynners.

“Kersvader het buitengewone kragte wat maak dat sy bokke vinnig kan vlieg en dit is waarom hy almal se presente altyd betyds bring, so ek weet hy gaan betyds by my huis ook wees.”

Marli de Jager

Marli de Jager.

“Kersvader bring elke jaar vir ons presente en hy vlieg na ons toe in ‘n karavaan, dink ek. Hy is ook partykeer in die winkels om te hoor wat ons vir Kersfees wil hê.”

Juané Prinsloo

Juané Prinsloo.

“Ek het hierdie jaar vir Kersvader gevra vir ‘n Barbie-pophuis. My ma het gesê ek moet vir Kersvader vra vir een. Ek is seker hy sal vir my een bring.”

Hendrik van der Linde

Hendrik van der Linde.

“Kersvader is altyd betyds vir Kersfees met almal se presente want hy het sulke vlieënde bokke wat baie vinnig kan vlieg.”

Katelynn Woudstra

Katelynn Woudstra.

“Kersvader dra rooi klere en hy gee vir almal presente. Hy sit die presente in sy sak en bring dan die presente na ons toe. Ek weet hy gaan hierdie jaar vir my ook presente bring.”

Ni-Lene Bekker

Ni-Lene Bekker.

“As dit nie Kersfees is nie, dan maak Kersvader solank die presente en voer sy bokke dat hulle kan reg wees vir Kersfees. Ek het hierdie jaar gevra vir ‘n horlosie, ‘n troon, ‘n speel-blommetjie en as ek groter is wil ek ‘n foon hê.”

Carlo Bezuidenhout

Carlo Bezuidenhout.

“Kersvader gee vir almal presente as dit Kersfees is wanneer sy bokke hom sleep. Ek het vir hom gevra om die jaar vir my ‘n fiets te bring, maar ek weet nie of ek een gaan kry nie. Ek dink Kersvader sal vir my een bring.”

Jean-Luc Marais

Jean-Luc Marais.

“Kersvader het ‘n baard en rooi klere met wol aan. Hy bring presente na huise toe. Ek weet hy bring vir my presente en nie my ma nie, so ek sal vir hom vra wat ek wil hê.”

Jonathan Wright

Jonathan Wright.

“Kersvader ry in n spesiale slee wat baie vinnig is omdat Kersvader spesiale kragte het. Ek het vir hom gevra vir ‘n Lego-vliegtuig, Monopoly, seerower-klere en diamante, want hy bring dit vinniger as my ma en pa.”

Devonél Laubsher

Devonél Laubsher.

“Kersvader gee vir ons presente en ons maak vir hom ‘n kersboom om al die presente daar te sit. Ons het nie ‘n groot boom nie want dis duur, maar ek het vir ‘n Barbie met ‘n kasteel gevra en ek weet Kersvader sal vir my een bring.”

Vir gratis nuusflitse en gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version