Geld ingesamel vir DBV

Gemeenskap staan saam en help die DBV.

Die Funtasia Educare Centre in Rooihuiskraal, met die hulp van Pick n Pay Blue Valley Mall, het R5 000 ten bate van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) ingesamel.

“Ons het dit goed gedink om fondse vir die DBV in te samel nadat een van die eienaars, Mariaan Oosthuizen, vier babakatjies in ‘n veld teëgekom en die nood van diere in ons gemeenskap gesien het,” sê die mede-eienaar van Funtasia, Adré de Jager.

Die eienaars van Funtasia het toe besluit om ‘n pretdag te hou op 1 November, waar plaaslike besighede en gemeenskapslede, insluitende die ouers van kinders by Funtasia, meer as R5 000 ingesamel het vir die DBV.

Funtasia besoek die DBV in Centurion ook sommige Saterdae om te help met die skoonmaak van diere se hokke en om kinders van die skool ‘n kans te gee om met die diere te gesels.

Die Funtasiasentrum het die geld Woensdag aan Korky Levanon van die DBV oorhandig.

Levanon het gesê: “Hierdie is wonderlik. Ons is baie dankbaar vir hierdie donasie.”

De Jager het almal bedank wat bygedra het, veral Monitor Net en Pick n Pay.

Vir gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version