Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Vyftig jaar as orrelbouer gevier

'n Orrelbouer se 50e jaar in die bedryf is onlangs gevier.

‘n Jubelium-konsert ter ere van Jan Zielman is Vrydagaand by die Gereformeerde Kerk Die Kandelaar in Waverley gehou.

Zielman is al 50 jaar in die orrelboubedryf en het, onder andere, die reuse orrel in dié kerk gebou.

“Ek het orrelbou by Flentrop in Nederland begin, voordat ek in 1972 Suid Afrika toe gekom en in 1984 Zielman-orrelbou gestig het,” het hy gesê.

Die kerk was stampvol voordat die konsert, ter ere van Zielman, met Wim Viljoen, Archie Devere, Theo van Wyk en nog vele meer, begin het.

Zielman se hele familie het die geleentheid bygewoon, met sy ma en drie susters wat al die pad van Nederland en sy seun wat van die Kaap gekom het.

“Hierdie is regtig ‘n merkwaardige jaar vir my en my gesin. Dit is nie net die 50e jaar wat ek ‘n orrelbouer is nie, maar ook my 40e huwelikherdenking saam met my vrou, Betty, en die 30e bestaansjaar van my besigheid,” het ‘n trotse Zielman gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button