Eerste dag van Kersmark ’n sukses

Die eerste dag van die Transoranje Skool vir die Dowes se Kersmark ‘n groot sukses.

Dit is daardie tyd van die jaar wanneer Transoranje Skool vir die Dowes hul jaarlikse groot geldinsameling hou.

Hul Kersmark vind van 20 tot 30 November by die Tshwane events centre, saal L, plaas. Die gemeenskap het sommer vroeg na die mark begin stroom om van die groot verskeidenheid items wat daar uitgestal word, in die hande te kry.

Die skool verskaf onderrig en opvoeding aan 204 dowe leerlinge vanaf 3-jaar-oud tot in Graad 12. Die meerderheid van die leerlinge kom uit baie moeilike omstandighede.

“Die jaarlikse mark is ons grootste geldinsamelingspoging waar sonder die skool nie ten volle sou kon funksioneer nie. Die gewilde, steeds groeiende Kersmark vind vanjaar vir die 18e jaar plaas en daar is bykans 350 uitstallers,” sê die skool se ontwikkelingsbestuurder, Alta Koekemoer.

Sy het genoem dat alhoewel die skool subsidie ontvang van die onderwysdepartment is hulle nog steeds van donasies, skenkings en geldsinsamelingprojekte afhanklik om in al hul behoeftes te kan voorsien.

“Die geld wat ons deur die Kersmark invorder, help ook om onderwysers wat nie deur die department betaal word nie, te betaal,” het Koekemoer gesê.

Die Kersmark se ure is van Maandae tot Vrydae van 09:00 tot 20:00 ; Saterdae van 09:00 tot 16:00 en Sondae van 09:00 tot 15:00.

Vir gratis nuusflitse en gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version