Gebedsdiens vir kritieke aanbieder

Bekende akteur en aanbieder steeds kritiek ná sy gru-ongeluk.

Theunis Nel, aanbieder van die KykNet-motorprogram WOEMA, wat Maandag in ‘n ernstige motorfietsongeluk beseer is, sterk in Unitas hospitaal aan. Vriende en motorfietsryers het Dinsdagaand buite die hospitaal bymekaargekom om ’n gebedsdiens vir hom te hou.

Die ongeluk het Maandagoggend op die N1-hoofweg naby Garstfontein gebeur. Nel se motorfiets het op ’n gladde kol in die pad gegly en buite beheer geraak. Hy het etlike meter ver oor die pad geskuur. Net voor hy tot stilstand gekom het, het ‘n motor oor sy arm gery.

‘n Groep van ongeveer 40 mense het Dinsdagaand buite Unitas hospitaal vergader en saam gebid dat Nel vining sal herstel. Almal het in ’n kring gestaan en beurte gemaak om ‘n gebed te doen en te vra vir beterskap.

“Die rede vir vanaand is dat ons, sy vriende en mense wat hom ken, saam kan staan in gebed, en te bid dat hy vining sal herstel en deur hierdie moeilike tyd kan kom,” het Tertius du Plessis, ‘n goeie vriend van Nel, gesê.

“Hy het ongelooflike goeie dokters, en hulle het alles gedoen wat hulle kon, maar ongelukkig kon hulle nie sy arm red nie. Die grootste deel van die arm moes geamputeer word om sy lewe te red,” het Nel se agent agent, Anria van Heerden, gesê.

Van Heerden sê dat sy in die proses is om ’n trust te stig vir motorfietsryers wat in soortgelyke ongelukke beland, en sukkel om hul mediese kostes te betaal.

Vir gratis nuusflitse en gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Lees ook: Presenter’s arm amputated after accident

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version