Deur vuur en vlam na hernude moed

‘Fire wallking’ bied mense ’n nuwe kans op sukses aan.

Die Fire Walking Institute of Research and Development het op Vrydag (7 November) ’n vuurloop- aand aangebied.

Die vuurloop-aand was ’n seminaar wat mense leer om hul vrese te oorkom. Vuurloop of warmkoleloop leer mense om hul eie toekoms te skep deur te vergeet van die dinge waarmee hulle nie suksesvol was nie, en net ’n kans te vat en te vertrou dat hulle in die toekoms meer suksesvol sal wees. Volgens die organiseerders, is die beste manier om dit te doen, om oor vuur te loop.

“Die vuur opsigself gee jou nie krag nie, dit is die feit dat jy oor dit loop wat jou die krag in jouself laat vind.,” sê Cobus Visser, meesterinstrukteur en organiseerder van die aand.

Voordat elke persoon oor die vuur geloop het moes hulle sê hoekom hulle dit wou doen, en wat hulle wou bereik. “Vanaand gaan om die transformasie te ervaar wat ons nie op daaglikse basis ervaar nie,” sê hy.

Alhoewel nie al die deelnemers die moed kon vind om oor die vuur te loop nie, het die wat dit wel gedoen het, met hernude lus vir die lewe aan die ander kant uitgekom.

Vir nog inligting oor die volgende vuurloop op 12 Desember, skakel Cobus Visser op 082-464-2372.

 

Vir meer nuusflitse en gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook gerus on Facebook en Twitter blaaie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version