Boekbekendstelling ‘n groot sukses

Carla van der Spuy het haar nuutste boek by Bargain Books bekend gestel.

Bekende vryskutjoernalis, Carla van der Spuy, het belangstellendes aan haar lippe laat hang by die bekendstelling van haar nuutste boek, Plaasmoorde. Die bekendstelling het Saterdag by Bargain Books in Centurion Mall plaasgevind.

“My hele reis met die boek het ongeveer agt maande geneem. Gewoonlik assosieer mens die onderwerp van die boek met Afrikaanse boere en Afrikaans-sprekendes. Mense hoor van die moorde maar hulle weet nie hoe die mense dit verwerk het nie. Dit is ongelukkig ‘n politiek-gelaaide onderwerp maar die boek gaan oor mense se emosies, hoe hulle opgestaan en met hul lewens aangegaan het,” het Carla gesê.

Na die bekendstelling het ‘n interessante vraag-en-antwoord sessie gevolg.

Na die sessie het sy boeke geteken en saam met aanhangers vir foto’s geposeer.

“Daar is baie goeie verhoudings tussen boere en hul plaaswerkers en dis vir my belangrik. Dwelms speel ‘n groot rol by baie van die aanvalle, veral by grensplase. Dit gaan nie altyd oor rassehaat nie.”

Plaasmoorde is by Bargain Books beskikbaar.

Vir meer nuusflitse en gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

‘Like’ ons Facebook blad en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version